39ste Jongooi-Kudde Evaluering | Agri Malmesbury

Die Skaapstudiegroep van Malmesbury Landbouvereniging het weer vanjaar op Vrydag, 2 Augustus 2019 sy 39ste jaarlikse Jongooi Kudde-Evaluering aangebied. Octavoscene Wes-Kaap was een van die vele ander borge wat die dag ‘n groot sukses gemaak het. Die gemeenskap het ‘n dag vol van opwinding gehad. Die omliggende skole het die dag kom bywoon sowel as die plaaswerkers wat hulp verleen het deur die dag terwyl daar ook opleiding aan hulle verskaf was. Dan was daar nog oor die 150 mense van die publiek wat ook aan die dag se verrigtinge deelgeneem het.  Dit klink of dit voorwaar ‘n heerlike dag was propvol aktiwiteite vir oud en jonk. Daar was natuurlik ook ‘n demonstrasie aan die gemeenskap en so ook ‘n skaapras uitstalling wat baie leersaam was. Die gewilde slaglam-kompetisie se karkasse was weer op ‘n veiling aan die publiek beskikbaar gestel, waarvan 10% van die opbrengs aan Aandskemering, ‘n plaaslike huis vir bejaardes, geskenk was.  Hier het die publiek ook die geleentheid gekry om die karkas te laat opsaag na hul behoefte. Dit was’n fantastiese geleentheid om ‘n hele gemeenskap bymekaar te bring en die dag saam te geniet.  Ons wens die Die Skaapstudiegroep van Malmesbury Landbouvereniging alle sukses toe vir die toekoms en mag hulle nog groot hoogtes bereik.  Francois De Villiers (Voorsitter Skaapstudiegroep) Selfoon: 083 254 0446 francois@octavoscene.co.za  Zirk Erasmus (Onder-Sekretaris Skaapstudiegroep) Selfoon: 082 572 5944 zirk.erasmus@virbac.co.za   Kompetisie Uitslae | 2019 Merino Albertus Heroldt Eben Schellink Janneman Louw Beste Merino Wol Janneman Louw Beste Merino GDT Toit Hamman Beste […]