Goeiemiddag lede
17 Februarie 2020
HEROPEN VAN VEILINGS
Ons verwys na die mediaverklaring wat die minister van Landbou gister uitgereik het en hanteer ek enkele punte daaronder wat van uiterste belang is vir elkeen van u.
Sonder om die hele mediaverklaring in Afrikaans oor te skryf wil ek graag die volgende uitlig en onder julle aandag bring:
- Die verbod op die samekoms van diere is met onmiddellike effek opgeskort;
- Veilings word dus van vandag af weer gehou, onderhewig daaraan dat die agente by APAC geregistreer moet word;
- APAC verwys na reëls wat op die lewendehawe veilings van toepassing sal wees. Hierdie reëls verwys na bio-sekuriteits
maatreëls wat in samewerking met DALRRD ontwikkel is wat goeie praktyk daarstel. - Na aanleiding van ‘n gesprek wat ek vanoggend met Francois Knowles (Registrateur van APAC) gehad het sal die biosekuriteits
maatreëls eers Vrydag volgende week in die Staatskoerant verskyn as deel van die APAC wet. - Dit is van uiterste belang dat u as kopers seker sal maak of veilings voldoen aan die nodige bio-sekuriteit vereistes.
- DAAR IS DUS GEEN VERSEKERING DAT VEILINGS WAT PLAASVIND VAN NOU AF TOTDAT DIE MAATREELS AFGEKONDIG WORD, OF DAARNA VOLDOEN AAN ENIGE BIO-SEKURITEIT VEREISTES NIE.
- Die minister verduidelik dat die opskorting van die verbod nie impliseer dat veilings veilig is nie;
a. Die effek hiervan is dat die risiko vir die verspreiding van die virus aan die rolspelers oorgedra word en sy verwys ons ook dan sodanig na artikel 11 van die Wet op Dieregesondheid; SAFA ondersteun die minister se opmerking dat die maatreëls wat in plek gesit is tydens die verbod, steeds in stand gehou behoort te word en maan ons elke voerkraal aan om dit ook so toe te pas:
a. Moenie hoë risiko diere skuif nie;
i. soos diere wat tekens van siektes toon; of
ii. diere van onbekende oorsprong; of
iii. diere afkomstig van bekende besmette gebiede;
b. Koop slegs diere uit bekende en beproefde bronne;
c. Dring aan dat kopers van ‘n veeartsenykundige gesondheidsverklaring moet voorsien voordat diere op hul
plase gebring word;
d. Plaas altyd nuwe aankomelinge in isolasie totdat u uself van hul gesondheidstatus kan bevredig.
SAFA wil u dus waarsku dat alhoewel die veilings oop is, u steeds die nodige verklarings en gesondheidsertifikate moet versoek en aanvra voordat u diere aankoop hetsy by ‘n veiling of privaat.
Ek sal in gesprek bly met APAC en Francois Knowles en sal u die nodige terugvoer gee sodra ek dit ontvang het.
Neem asb vrymoedigheid om my te skakel indien u verdere inligting verlang.
Groete
Dewald Olivier