Op watter manier kan lewerslak in vleisbeeskuddes die beste bestry word? Met opgietmiddels of dosering in die lente met middels wat triklabendasool bevat?
In die lente is die demografie van die beesbevolking wat gevaar loop om deur die teenwoordigheid van ’n bestaande lewerslakbesmetting benadeel te word, min of meer die volgende:
- Jaar oue vervangingsverse wat die eerste somer ná speen binnegaan en kompenserend moet groei ná die eerste winter nadat hulle in die herfs gespeen is.
- Twee jaar oue vervangingsverse wat binnekort gedek moet word.
- Eerstekalf- en ouer koeie wat binnekort gaan kalf of pas gekalf het.
Boere kan nie bekostig dat bogenoemde klasse beeste wat, na gelang van die reënval, gedurende die lente op minder verteerbare winterweiding of vroeg uitgeloopte, vogryke weiding met betreklik lae konsentrasies van voedingstowwe, se produksievermoë deur sluimerende, subkliniese volwasse lewerslakbesmettings ondermyn word nie.
Volwasse lewerslakke lê tussen 5 000 en 20 000 eiers per dag wat, as die beeste toegang tot oop water en vleie het, waterslakke in daardie waterbronne sal besmet. Dit moet voorkom word deur strategiese behandeling teen lewerslak en deur beeste te weerhou van die ideale slakhabitat.
Triklabendasool is die aktiewe bestanddeel in verskeie produkte wat vatbare onvolwasse lewerslakke dood maak. Die voordeel bo middels wat slegs volwasse (ouer as 12 weke) lewerslak dood maak, is dat die minimum onvolwassenes die behandeling oorleef om volwassenheid te bereik. Triklabendasool maak nie rondewurms en lintwurms dood nie.
Die middel beïnvloed die energiemetabolisme van die lewerslak en maak dit minder beweeglik.
Die reproduksievermoë van die volwasse lewerslak word benadeel sodat minder eiers gelê word – wat die besmetting van weigebiede sal verlaag.
Die vernaamste rede waarom triklabendasool lewerslakke laat vrek, is omdat die middel proteïensintese onderdruk.
Drie belangrike kwessies rakende die doeltreffendheid van behandeling moet in gedagte gehou word:
- Geen lewerslakmiddel is 100% doeltreffend teen alle ouderdomme in die lewerslak se lewensiklus in die bees nie. Gestel ’n middel is meer as 90% doeltreffend – byvoorbeeld, 95% doeltreffend (dus 5% ondoeltreffend), en die aantal twee week oue onvolwassenes ten tye van behandeling beloop 500. Ná die behandeling oorleef 25 onvolwasse slakke en hulle word in die galbuise van die lewer waargeneem wanneer die dier geslag word.
Hierdie bevinding beteken geensins dat die middel nie gewerk het nie. Die aantal volwassenes wat in die galbuise gevind word, ten spyte van behandeling met ’n middel wat doeltreffend teen vatbare onvolwasse lewerslak is, word dus bepaal deur die aantal onvolwassenes wat teenwoordig was tydens die behandeling.
- Geen lewerslakmiddel het ’n nawerking nie. As die beeste ná behandeling in gunstige weersomstandighede in besmette kampe of vleie loop, sal herbesmetting ná behandeling steeds voorkom. Dan kan dit lyk asof die middel ondoeltreffend is wanneer volwasse slakke in die lewer van geslagte diere sigbaar is.
- As beeste wat kliniese tekens van ’n proteïentekort toon, behandel word, duur dit steeds geruime tyd totdat die tekort herstel – ten spyte van behandeling en veral as aanvullings op natuurlike laat winterveld of oesreste nie voldoende is nie. Al wat die middel doen, is om die meeste slakke dood te maak, terwyl die liggaam self moet herstel van die gevolge van lewerskade (proteïenverlies).
Aannames dat opgietmiddels die ontstaan van weerstand teen triklabendasool kan verhaas, is ongegrond.
Bloedtoetse (Elisa) is slegs ’n aanduiding dat die bees met lewerslak besmet is of voorheen daaraan blootgestel was. Die toetse bly geruime tyd positief – selfs nadat die bees doeltreffend teen lewerslak behandel is. Elisa-bloedtoetse moet dus versigtig geïnterpreteer word. Dit is nuttig as ’n kuddetoets, maar nie vir individuele beeste nie.
Die toets kan wel aandui dat beeste met lewerslak besmet is twee weke nadat besmetting plaasgevind het, dus voordat volwasse slakke in die galbuise van die lewer gevind word en voordat ’n diagnose van lewerslakbesmetting op grond van miseiertellings gedoen kan word.
Miseiertellings is ’n aanduiding van die teenwoordigheid van volwasse slakke – dus meer chroniese besmettings.
As die meeste slakke in die lewer onvolwasse stadia is (meer akute besmettings), kan die eiertelling negatief wees. Deur in so ’n geval nie diere te behandel nie, kan nadelige gevolge hê.
Die keuse van ’n middel hang hoofsaaklik af van die seisoen. Opgiet- en doseermiddels wat triklabendasool bevat, het albei ’n plek in die bestryding van lewerslak. As die regte produk aangewend word saam met ’n goeddeurdagte weidingstrategie, sal die verskuilde en regstreekse verliese as gevolg van lewerslak betekenisvol beperk word.
Verwysings
- Anon. 2011. Mims IDR 2011/12 Reference. MIMS/ Avusa media Ltd. Bll. 306, 392
- Boray J.C. 2011.Control of acute, sub-acute and chronic fasciolosis in sheep and cattle (an essay for general information). Paper on file.
- Coopers Sovereign Tegniese Bulletin 03/11/04
- Dorchies P.H. 2006. Flukes: Old Parasites but new Emergence. XXIV World Buiatrics Congress, Nice. Proceedings p 322- 336.
- Sargeant R. 2011. Persoonlike kommunikasie
- Snyman M.G. 2011. Persoonlike kommunikasie
- Soulsby E.J.L. 1968. Helminths, Arthropods and protozoa of Domesticated Animals. 6th edn. Bailliere, Tindall & Cassel
- Reynecke R.K. 1983. Veterinary Helmintology. Butterworths.
Geskryf deur: Drs. Johan Cloete, Tom Strydom en Willem Schultheiss
Description
An antiparasitic remedy for cattle. Administer by subcutaneous injection only.
Dose rate for cattle: 1 mℓ/50 kg body mass (200 µg/kg Ivermectin plus 2,0 mg/kg Clorsulon).
An antiparasitic remedy for cattle.
FOR ANIMAL USE ONLY
(1) * (6) **
CEVA SUPER
Reg No G4153 Act 36/1947
An antiparasitic remedy for cattle.
CAUTION
STORAGE
Store in a cool place and protect from direct sunlight.
COMPOSITION
Ivermectin 1,0 % m/v and Clorsulon 10,0 % m/v
WARNINGS
- Do not slaughter animals for human consumption within 49 days after treatment.
- Do not treat Cattle whose milk or milk products are intended for human consumption.
- Administer by subcutaneous injection only.
- Keep out of reach of children, uninformed persons and animals.
- Although this remedy has been extensively tested under a large variety of conditions, failure thereof may ensue as a result of a wide range of reasons. If this is suspected, seek veterinary advice and notify the registration holder.
PRECAUTIONS
- Store in a safe place.
- Refrain from smoking and eating whilst handling the product.
- Wash hands after use.
- It is recommended that all cattle be vaccinated against Clostridial infections (e.g. black quarter), before treatment with Ceva Super.
DIRECTIONS FOR USE: USE ONLY AS DIRECTED.
Administer by subcutaneous injection only.
Dose rate for cattle: 1 mℓ/50 kg body mass (200 µg/kg Ivermectin plus 2,0 mg/kg Clorsulon).
Use an appropriate needle (e.g.18 gauge x 20 mm) attached to sterile equipment, and follow aseptic procedures.
Inject cattle under the skin on the side of the neck or behind the shoulder.
Do not inject more than 15 mℓ per injection site.
INJECTION TABLE
Cattle |
|
Live mass (kg) |
Dose (mℓ) |
Up to 50 50 – 75 75 – 100 100 – 150 150 – 200 200 – 250 250 – 300 300 – 400 400 – 500 |
1,0 1,5 2,0 3,0 4,0 5,0 6,0 8,0 10,0 |
CATTLE
Internal parasites:
Effective against the following internal parasites:
Worm species |
Adult |
Persistency |
Wireworm (Haemonchus) |
* |
14 days |
Brown stomachworm (Ostertagia) |
* |
21 days |
Cattle Bankruptworm (Cooperia) |
* |
14 days |
Hookworm (Bunostomum) |
* |
– |
Nodular worm (Oesophagostomum) |
* |
21 days |
Lungworm (Dictyocaulus) |
* |
21 days |
Eyeworm(Thelazia) |
* |
|
Liverfluke (Fasciola hepatica) |
* |
|
False bruising (Parafilaria bovicola) |
** |
|
Definition: * Controls : 90 % effective
** Aids in the control: 60 – 89% effective
PRESENTATION
500 mℓ
Registration holder:
CEVA ANIMAL HEALTH (PTY) LTD
Reg No 1973/016009/07
P O Box 7707
Halfway House
1685
Tel. +27 11 312 4088
(1)* Macrocyclic lactones
(6)** Sulphonamide